Promotors

Behalwe sangeres, is Helenè by tye liedjieskrywer, stemkunstenaar en televisie-aanbieder.  Sy het reeds bekendheid verwerf in Suid-Afrika en Namibië as Afrikaanse sanger. Sy het die mark in 2002 betree met haar debuutalbum Wens, en het sedertdien ses suksesvolle CD’s vrygestel. In 2004 is Helenè ook benoem vir ‘n Geraas-toekenning, in die kategorie – gunsteling vroulike kunstenaar (kontemporer) vir haar tweede album, Ek hou van jou. Van die grootste hoogtepunte in haar loopbaan gebeur in 2005, 2006 en 2007, toe sy die voorreg gehad om op te tree tydens Huisgenoot Skouspel. Haarde derde album, Oorgee word ook in 2007 vrygestel. In 2009 sien die Grootste Treffers van Helenè Bester die lig en bied sy ook die program Droomhuis aan. In 2012 sing Helenè en Gerhard Steyn het die Huisgenoot Tempotoekennings se wen-liedjie, die duet Nie te laat nie, en stel sy ook haar vyfde album, Tussen die lyne vry. In dieselfde jaar word Helenè ook genomineer vir ‘n Tempo-toekenning as gunsteling vroulike kunstenaar – kontemporer. In 2013 is sy genomineer as inspirasievrou van die gewilde vrouetydskrif, Finesse, en ook vir ‘n Ghoema-toekennning as gunsteling vroulike kunstenaar – kontemporer. Helenè besluit om in 2016 die kindermark te betree met haar album Helene Bester en Kristi Kat op die plaas, gevolg deur die Kristi Kat videos op YouTube. Helene en Kristi Kat se gewildheid is steeds geliefd onder die jongspan ensy besoek steeds skole landwyd met die produksie. Helenè stel twee enkelsnitte vry wat groot impak maak op haar teikenmark. Die eerste een, Elke Dag verskyn in 2014 en verlede jaar het sy die enkelsnit, ‘n Storie van eerstes (deur Cobus geskryf) saam met haar broer Cobus Bester vrygestel. Sy en haar broer tree saam op by korporatiewe geleenthede. Televisiekykers sal Helenè ook onthou as beoordelaar van die skolerevueprogram, Revue! Dit was vir Helenè ‘n opwindende besluit om hulde te bring aan Nana Mouskouri. “Nana is vandag nog net so gewild omdat mense, van my ouderdom, ook na haar musiek geluister het. Ons laat haar musiek voortleef. Sy het 300 miljoen plate verkoop en kan vyf tale praat en sing. Dit maak dat sy in soveel lande superbekend is”, sê Helenè. “Sy is ‘n liefling onder haar aanhangers, sy’s nederig en spring nie op-en-af om haar musiek aan jou bekend te maak nie. Sy’t bekende “songs” NOG bekender gemaak. Sy’t treffers gemaak van elke lied wat sy opgeneem het, bv. Cucurrucucu, Only love, White rose of Athens ens. En NATUURLIK is haar dogter se naam ook Helene – word presies soos my naam uitgespreek. Dit wys jou – dalk is sy en my ma TOG famlie!!”